Tuisverpleging meer gerieflik vir pasiënte
Die “verpleging en versorging in my eie huis” of tuisverplegingbedryf in Suid-Afrika is redelik jonk.
Tuisverpleging gee jou toegang tot kundige en empatiese hulp wanneer jy en jou familie jou gesondheidsbehoeftes nie meer alleen kan hanteer nie, of moontlik kundige verpleging en versor-ging benodig. Dit bied jou ook ’n realistiese alternatief om tuis versorg te word in plaas van in ’n hospitaal.
Tuisverplegingdienste het ’n kritieke deel van gesondheidsorg geword, wat die fokus plaas op die pasiënt en sy familie.
Bowendien bly die hande op die pasiënt op die pad na die uitkoms, wat die span met die familie ooreenkom.