Ondersteun só Wêreldkankerdag
tuisversorging

Wêreldkankerdag word jaarliks op 4 Februarie gevier sodat mense oor die wêreld heen die stryd teen kanker kan steun, hul stemme gesamentlik verhef, persoonlike aksie kan neem en ons regerings druk om meer te doen.

Volgens die Suid-Afrikaanse regering is Wêreldkankerdag die enigste dag op die internasionale gesondheidskalender wanneer almal op ’n positiewe en inspire-rende manier onder een vaandel teen kanker kan saamtrek.

Belangrikheid van dié dag
Wêreldkankerdag is ’n inisiatief van die Unie vir Internasionale Kankerbeheer (UICC).
Volgens die Suid-Afrikaanse regering is die reeds enorme wê-reldwye kanker-epidemie steeds aan die toeneem.

Tans sterf 8,2 miljoen mense jaarliks wêreld-wyd aan kanker, waarvan 4 mil-joen vroeë sterftes is (30 tot 69 jaar oud). Die regering meen daar moet dringend opgetree word om bewustheid oor die siekte te verbreed en praktiese strategieë te ontwikkel om die las aan te spreek. Wêreldwye verskille in toegang tot voorkoming, behandeling en palliatiewe sorg neem eksponensieel toe.

Multiple offices to attend to your enquiries

GAUTENG OFFICE

012 347 8344

 Email

EASTERN CAPE OFFICE

041 363 9962

Email

CAPE TOWN OFFICE

021 949 7588

Email

GARDEN ROUTE OFFICE

044 874 6490

Email

KWAZULU NATAL OFFICE

031 463 3319 / 063 915 2686

Email

PLETTENBERG BAY OFFICE

044 874 6490

Email

BLOEMFONTEIN OFFICE

076 517 6276

Email